|
Ek woon in Bloubessie-woud. My vroutjie, Lenie, en dogtertjie, Emma, woon ook saam met my. Ons huisie is in ‘n hol boomstam. Die huisie is snoesig en warm met ‘n klein venstertjie. My voordeur is pragtig rooi! Daar is ook ‘n paar hout trappies tot by die voordeur.
Ons werk graag in ons groentetuintjie. Ek gebruik al die pragtige melktandjies wat ek versamel om meubels vir ons huisie te maak. Ek gebruik ook van die tandjies om my huisie en tuin te versier.
In die aand trek ek my warm klere aan. Ek gaan haal dan al die tandjies wat die maatjies gewissel het! Ek beweeg dan baie vinnig en saggies sodat ek jou nie wakker maak nie – oooeee . . . en beslis ook nie jou kat of hond nie!!
|