Tuis Wie Ek Is Ouers Legende Kleur In Word my Maatjie Kontak My Thomas se Winkel
  • Afrikaans
  • English
birds.png
join_afr.jpg
fantasie.jpg
orange.png
Ouers

‘If you want your children to be intelligent, read them fairy tales. It you want them to be more intelligent, read them more fairy tales.’             ~ Albert Einstein

Liewe Ouers / Oupas /Oumas

Dit is deesdae moeilik om kindergelofies en fantasie lewendig te hou! Dit is ‘n groot jammerte, want fantasie vorm ‘n baie belangrike deel van jou kinderjare! Een van die kindergelofies wat nog staande bly, is die Tandemuis!

MOENIE DAT U KIND HIERDIE GROOT
LEKKERTE MISLOOP NIE !


Laat ek, Thomas Tandemuis, u kleinding se verbeelding stimuleer en hierdie onskuldige fantasie lewendig hou. Ek sal graag sy/haar penmaatjie wil wees!


Opvoedkundige waarde vir u kind

 

  • Stimuleer u kind se verbeelding
  • Fantasie bemagtig ‘n kind met ‘gereedskap’ wat hy/sy mag nodig hê om latere probleme te hanteer
  • Leer op ‘n vroeë ouderdom om tande mooi te versorg
  • Leer om te kommunikeer deur middel van briewe
  • Leer interessante feite oor muise se gewoontes



Pret-waarde vir u kind

 

  • GROOT opwinding elke maand – ‘n koevert vol lekkerte in die posbus!
  • Volkleur brief van Thomas Tandemuis!
  • ‘n Nuwe opwindende storie elke maand!
  • Dit laat jou kleinding ontsnap na die vreedsame, betowerende wêreld van Thomas Tandemuis!
  • Hoor wat die Tandemuis alles doen met die tandjies wat hy versamel!
  • Kleintjies word aangemoedig om aan Thomas Tandemuis terug te ‘skryf’!  (Thomas geniet dit baie om pos te ontvang!)
  • Kompetisies – wen oulike pryse!



Plus!

Aansluitingsgeskenkie – ‘n oulike geskenkie in die eerste maand se koevert!
Verjaarsdaggeskenk – ‘n spesiale geskenk van Thomas Tandemuis in die maand waarin u kind verjaar!

 
© THOMAS TOOTH MOUSE 2011 | WEB DESIGN & DEVELOPMENT BY THE WEBSITE GUY