Ek is so bly dat jy gou kom inloer het! Hou jy ook daarvan om ‘n briefie in die posbus te ontvang?
Nou kan mense-maatjies ELKE MAAND 'n briefie van my in hulle posbus ontvang! Ek leer my maatjies speel-speel en lag-lag hoe om hulle tandjies te versorg!
Saam met elke brief ontvang jy ook elke maand ‘n baie oulike storie-inkleurboekie: - opwindende stories oor gebeure en avonture van Thomas Tandemuis - maklik om te verstaan en vol pret! - prentjies wat jy self kan inkleur
Ek stuur ook elke keer vir jou ‘n heerlike aktiwiteit saam (plak, knip, verf, inkleur, vou, ens.!)
Ontvang jy ‘n spesiale verjaarsdaggeskenk van my gedurende die maand waarin jy verjaar !! So my liewe maatjie, spring gou! Laat Mamma of Pappa jou help om vandag nog in te skryf!
Ontvang jy ‘n spesiale welkom-geskenkie in jou eerste maand se koevert!
Sjoe...so baie pret!
Ek het baie briefies om aan al my maatjies te skryf, maar met jou Mamma en Pappa se toestemming, sal ek jou ook by my poslys voeg! Ooooeee . . . ek kan nie wag om van jou te hoor nie!